


100 m² Commercial space in Sutherland
Sutherland: Unike Karoo Kliphuisie
Hierdie pragtige Karoo huisie met ligging as hoekerf aan die kant van die dorp, is gebou ongeveer 1890- 1910. Dit bied baie privaatheid en het n uitkyk op die Roggeveld berge in die weste.
Die oorspronklike huis bestaan uit twee slaapkamers, woonkamer met kaggel, kombuis met elektriese stoof, enkel badkamer met bad en stort.
Die kaste wat ingesluit is: een is van Satynhout en die ander een van Akkerhout gemaak.
Op die onderdak stoep, is n gesellige buite braai.
Op dieselfde eiendom 20 meter verder, was die ou kookkamer wat omskep is in n en suite kamer met stort en bad.
Beide eenhede word vir baie jare as n gastehuise bedryf onder die gepaste naam: Skrywershuisie ter ere van al die bekende digters en skrywer onder andere N P en W E G Louw, Datei, Anne de Villiers (Tant Breggie se stories)
Die erf oppervlakte is 1071 vk meter en kry Munisipale water. Vir tuin natmaak is daar n boorgat en sementdam, elektriese pomp om water uit die dam te pomp vir die besproeiing. Daar is ook 5000 liter opgaartenk met drukpomp wat vir die huis of tuin benut kan word.
Die tuin bestaan n groot deel onder gras, appelbome, perskebome wat alles uit die dam besproei kan word. Die boorgat was in al die jare standhoudend.
Vir baie jare is die eiendom as gastehuise benut, kan steeds daarvoor gebruik word en die koop sluit in alle bestaande meublement en linnegoed.
Property details
- Listing number T4943165
- Property type Commercial
- Listing date 1 Feb 2025
- Land size 1 071 m²
- Floor size 100 m²
- Levies R 1 100